blog1
Oor Ons

Ons gemeente se visie:

Water wat lewe gee

Kernteks: Esegiël 47 : 1 – 12

In Esegiël word die beeld gebruik van water wat uit die tempel begin vloei en oral waar dit kom, lewe gee. Ons lees in vers 9: “Waar die stroom kom, sal alles lewe.” Dit is aanvanklik ‘n vlak stroompie, maar hoe verder dit vloei, hoe dieper word dit. Uiteindelik loop die waterstroom in die Dooi See in en die ongelooflike gebeur: die Dooie See se water (wat bekend is vir sy soutgehalte en gebrek aan enige noemenswaardige lewe) word vars! Nog meer, dit begin oral wemel van diere en vis. Want die stroom uit die tempel het nuwe lewe gebring.

Ons DROOM:

Ons wil graag soos die stroom wees; ons wil dat die Here deur elke lidmaat van NG Proteapark sulke nuwe lewe bring oral waar ons elke dag leef.