blog1

Die stigting van die nuwe gemeente Proteapark vanaf die gemeente Rustenburg Suid, vind plaas op 11 Augustus 1977 tydens ‘n vergadering van die gemeentelede. Die eerste kerkraadsvergadering van NG Proteapark is gehou op 14 Augustus 1977. Eredienste is in Laerskool Proteapark se skoolsaal gehou totdat die kerkgebou voltooi is. NG Proteapark se kerkgebou is in 1982 gebou.

blog1
ONS GEMEENTE SE VISIE:

Kernteks: Esegiël 47 : 1 – 12

In Esegiël word die beeld gebruik van water wat uit die tempel begin vloei en oral waar dit kom, lewe gee. Ons lees in vers 9: “Waar die stroom kom, sal alles lewe.” Dit is aanvanklik ‘n vlak stroompie, maar hoe verder dit vloei, hoe dieper word dit. Uiteindelik loop die waterstroom in die Dooie See in en die ongelooflike gebeur: die Dooie See se water (wat bekend is vir sy soutgehalte en gebrek aan enige noemenswaardige lewe) word vars! Nog meer, dit begin oral wemel van diere en vis. Want die stroom uit die tempel het nuwe lewe gebring.

Ons DROOM: ons wil graag soos die stroom wees; ons wil dat die Here deur elke lidmaat van NG Proteapark sulke nuwe lewe bring oral waar ons elke dag leef.

HOE GAAN ONS DIT REGKRY?

Die “Dooie See” = die aarde en veral ons onmiddellike omgewing. Daar waar ons elke dag leef, bly, werk, skoolgaan, sport beoefen, vakansie hou ens. Daar waar ons die lewe se storms en droogtes teëkom.

Die Water wat vloei (Blou) = die gemeente. Die Here gebruik ons om die wêreld te verander en nuwe lewe te bring. Ons moet dissipels van Jesus wees en ander dissipels maak. Dissipels is navolgers en gestuurdes van Jesus oral waar hul gaan, elke dag. Raak dus betrokke!

Die Toerusters (Rooi) = Dominee’s. die wie die Here op ‘n besondere manier wil gebruik om die stroom al hoe breër en dieper te laat vloei.

Leraars wat: *Die Here se Woord verkondig; *Lidmate leer hoe om Jesus as Sy dissipels na te volg. Dmv: *Preke, kinder- en tienerbedieninge, kursusse ens.

Pastors (herders) wat: *Die Here se gemeente versorg deur geestelike gesprekke/gebede. Dmv: *Spreekure, tuisbesoeke, hospitaalbesoeke, ens. (op aanvraag en deur afsprake)

Die Beplanners (Groen) = Kerkraad. Hulle visioneer en gee die leiding wat ons gemeente se aksies en bedieninge betref.

blog1