Ons Bedieninge
By Proteapark NG Gemeente glo ons daaraan om mekaar te ondersteun en saam te groei in die volheid van Jesus Christus deur toegewyde bedieninge vir elke lid van ons gemeenskap.
Gemeenskapsuitreik
Die Koskas
Die Koskasprojek is 'n omgee-inisiatief van Proteapark NG Gemeente wat daarop fokus om hoop te bring aan diegene in ons Rustenburg-gemeenskap wat dit die nodigste het. Ons verskaf noodsaaklike kospakkette en ander basiese lewensbehoeftes aan behoeftige gesinne om te verseker dat niemand honger gaan nie. Word 'n finansiële vennoot om by te dra tot die koskas of skakel Ds. EJ Leach indien jy self hulp benodig.
Jongste Nuus
Bly op hoogte met die nuutste verwikkelinge en aankondigings van Proteapark NG Gemeente.
Hoe kan ons help?
Ek wil graag...
Belydenis afl​ê
Alle Graad 11's is welkom om aan die begin van die jaar by ons Verbintenis jaarklas aan te sluit. Vul die onderstaande vorm in of kontak Ds. Meiring de Wet. Indien jy as volwassene belydenis wil aflê kontak enige van die leraars direk.
​
Trou
Ds. Meiring de Wet en Ds. EJ Leach is beide huweliksbevestigers. Huweliksbevestiging sluit 'n kort voorhuwelikse-kursus in. Kontak die leraars direk of vul die onderstaande vorm in en 'n leraar sal jou skakel.
​
​
Lidmaat word
Ons is so bly jy het besluit om amptelik deel te word van ons geloofsfamilie. Vul die onderstaande vorm in en epos dit na ngppark@mweb.co.za. Kom woon 'n ontmoet en groet aand by. Ons sal jou graag beter wil leer ken.
​
​


