.jpg)
Sondagoggend 09:00
Ons oggenddiens is meer formeel. Die samesang bestaan uit tradisionele orrelbediening, asook ‘n meer hedendaagse begeleiding deur sangers en ‘n orkes. Ons kleuter– en kinderbediening vind plaas in die Teatro. Interaktiewe leermetodes word gebruik om tradisionele lesse te gee. Kinders word gehelp om lewegewende water te wees in hulle wêreld.
Sondagaand 18:00
Ons aanddiens is meer informeel waarby veral tieners en jongmense aanklank vind. Die boodskap en inhoud is van soortgelyke gehalte as tydens die oggenddiens. Ons tienerbediening vind gewoonlik na die aanddiens plaas.
Kinderbediening in Teatro: 09:00
Waar kan jy betrokke raak?
Ons benodig altyd hulp tydens oggend– en aanddienste
Ons is altyd opsoek na musikante wat kan help met begeleiding: Nellie Holl
Het jy ‘n kunstige oog? Indien jy kan help met blomme of kunswerke: Nellie Holl
Tegniese kennis om die rekenaar of klankbord te kan beman: Eduard Bosman (jy ontvang ook die nodige opleiding)
Gasvryheid (ontmoet mense by die deure op ‘n Sondag): Koos Erasmus
Tee en koffie skink na afloop van erediens: Adele Potgieter
Kollekte opneem en Nagmaalbediening: Ronald Stacey
Jeugleiers en groepleiers: Ds Willem of Anja Pienaar