blog1
Hoekom noem ons die projek “LEA”?

Lea het die ‘sagte’ oë gehad, maar sy moes altyd in haar mooi beeldskone sussie se skaduwee leef. (Lees gerus die storie in Genesis 29-30) Haar slinkse pa het haar bloot net gebruik om sy doel te bereik en Jakob het vir Ragel baie liewer as vir haar gehad… Tog eindig hierdie storie op ‘n hoë noot – teen die einde van Jakob se lewe verkies hy om by Lea begrawe te word – en boonop is sy ‘n aartsmoeder van Jesus! Hierdie verhaal leer ons dat God nooit ons pyn miskyk nie – Hy is ‘n God vol deernis wat altyd by jou is. Hy is ‘n God wat weet hoe ons voel en wat ‘n plan het met ons lewens. Dis in hierdie pyn waar ons blymoedig wil hande vat, waar ons pyn wil verlig waar ander swaarkry.

Om betrokke te raak, kontak vir Eduard Bosman: 014 533 4028.

Donasies kan in die kerk se bankrekening inbetaal word, met die verwysing: Projek Lea. Bydraes en donasies help ons groei, en help ons om meer dogters te bereik.

blog1
blog1
blog1
blog1
blog1
blog1
blog1
blog1