Karlienpark Sportakademie

Hierdie projek vind plaas by Laerskool Karlienpark. Daar is ’n geweldige behoefte in hierdie gemeenskap as gevolg van die invloed van dwelms en ander afhanklikheid. Ons bied 5 verskillende sportsoorte aan. Twee afrigters, wat hierdie omstandighede goed ken, is spesiaal opgelei. Op hierdie manier bring ons hoop en verligting aan kinders wat dit baie nodig het. Daar is talle geleenthede waar u betrokke kan raak en u lewende water kan laat vloei.

Kontak ds. Willem 073 529 6075.