blog1
Aksie Vlambaar

Wat is Aksie Vlambaar?

Aksie Vlambaar is ‘n aksie vir alle afgetredenes. Dit skep ‘n heerlike geleentheid vir nuwe intrekkers, asook ou gemeentelede om nuwe vriende te maak, en lekker saam te kuier. Ons vergader elke 3de Vrydag van die maand, om 10:00 by die kerk. Ledegeld beloop R 120,00 per jaar. Kontak: Santjie en Johan Van Rensburg by 083 452 9339.

Aktiwiteite

Aktiwiteite sluit in – ontbyt, sop en sjerrie, hamburgerbraai, bring en braai, bustoere, lente tee, bingo, vasvra, musiek-en sangprogramme en ‘n heerlike afskeidete aan die einde van die jaar.