Oor Groeigroepe
'n Groeigroep is vir enige persoon of gesin wat dieper in hulle geloof wil groei. Dit is kleingroepe, wat saam aanhuis bymekaar kom, lekker eet, saam God se Woord ontdek, vir mekaar bid en die lewe deel. Hier bou ons egte verhoudings wat ons geloof versterk en ons help om in die volheid van Jesus te groei, nie net op Sondae nie, maar elke dag. Kinders is welkom.
Geestelike Versterking
Verdiep jou kennis van die Bybel in 'n veilige omgewing waar vrae en gesprekke verwelkom word.
Egte Gemeenskap
Bou betekenisvolle vriendskappe met mense wat saam met jou deur die verskillende fases van die lewe stap.
Ondersteuning en Gebed
Ervaar die krag van gebed en praktiese omgee van 'n groep wat werklik in jou welstand belangstel.
Sluit Vandag Aan
Voltooi die vorm hieronder en ons sal jou binnekort kontak. Ons poog om elke individu of gesin in te skakel by 'n groeigroep wat aan hulle spesifieke behoeftes en skedule voldoen.