top of page

Die Hart van ons Gemeenskap:
Ons Bedieninge

By Proteapark NG Gemeente is ons bedieninge daarop gemik om elke individu te help om in die volheid van Jesus te groei. Ons bied geleenthede vir konneksie en diens, sodat almal 'n plek kan vind waar hulle waarlik behoort.

IMG_20260403_082532.jpg

KINDERBEDIENING

IMG_20260510_094416.jpg

Waar Geloof Begin

By Proteapark NG Gemeente skep ons 'n lewendige en veilige omgewing vir kinders om die onvoorwaardelike liefde van Jesus te ontdek. Ons onderrig die kinders vanuit God se woord tesame met spel en kreatiwiteit. 

    Kleuterkerk vir ons voorskoolse maatjies tydens die erediens om 9:00 gedurende skoolkwartale.  Kinderkerk vir Gr. 1 tot 6 in die Teatro tydens die erediens om 9:00 gedurende skoolkwartale. 
IMG-20260617-WA0020.jpg

MANNEBEDIENINGE

Broederskap in Christus

Kragtige ondersteuning en toerusting vir mans om hul rol as leiers en volgelinge van Christus uit te leef deur 'n lewe van integriteit en diens.

  • Mancave Mondays om 18:00 - Manne van enige ouderdom is welkom om saam om die braaivleis vuur te kom kuier en 'n paar darts te gooi. Ons voer eerlike gesprekke oor wat dit vir manne behels om Jesus te volg. 
  • Woensdag Gebed om 6:30 - Manne bid saam vir mekaar en hulle gemeenskap in K2.
  • Woensdag Onder die Boom Bybelstudie by Triple M Business Park om 16:00.
  • Vrydag Bybelstudie om 5:30 in K2.

JEUGBEDIENING

Jongmense
vir Jesus

Relevante gesprekke en aktiwiteite wat jongmense toerus om hul geloof uit te leef in 'n moderne wêreld. Ons skep 'n plek waar jy kan behoort en groei.

  • Aanddienste om 18:00 gedurende skoolkwartale is gerig op die jeug. Ouers is welkom om dienste saam by te woon.
  • Graadgroepe kom voor elke diens om 17:00 bymekaar om Bybelstudie en relevante gesprekke saam met 'n groepleier te voer.
  • #Imagine Jeugkamp is 'n hoogtepunt elke jaar. Dit vind tydens die Maart/April vakansie plaas.
IMG-20260331-WA0003.jpg
ai-generated-IMAGE_edited.jpg

Vrouebediening

Vriendskap & Geloof

By Proteapark NG Gemeente skep ons 'n ruimte waar vroue van alle ouderdomme mekaar kan ondersteun, saam kan groei in geloof en diep vriendskappe kan bou. Ons bediening fokus op spiritualiteit, gemeenskap en diensbaarheid.

  • Woensdag Bybelstudie om 9:00 is meestal vir senior dames wat hegte vriendskappe smee rondom God se Woord. 
  • Donderdag Bybelstudie om 8:00. Vroue van enige ouderdom is welkom om saam te leer en kuier.
  • Art Club is 'n kreatiwiteitsbediening wat kreatiewe werkswinkels deur die jaar aanbied.  
  • Die Bak en Brei groep is 'n klompie dinamiese vroue wat saam bak en brei ten bate van die gemeenskap. 
Group Reading Together

NEWFOUND

Geloofsgroei vir Jong Volwassenes

By Proteapark NG Gemeente skep Newfound 'n lewendige plek vir jong volwassenes om diep vriendskappe te smee en saam die pad van Jesus te stap. 

IMG_20260417_110524.jpg

SENIORBEDIENING

Aksie Vlambaar

By Proteapark NG Gemeente koester ons ons seniors. Die Seniorbediening is 'n plek waar lewenservaring gevier word en waar nuwe vriendskappe gevorm word deur geloof en gemeenskap in Rustenburg.

  • Maandelikse saam-kuier geleentheid wat altyd vol pret, samesyn en lekker kos is. Skakel die kerkkantoor om deel te word van hierdie jonk-van-gees groep.

Hoe om betrokke te raak

By Proteapark NG Gemeente glo ons dat elke lid 'n unieke bydrae het om te maak. Sluit by ons aan om saam te groei in die volheid van Jesus Christus en om Hom te deel met ons gemeenskap.

bottom of page