top of page
Addisionele Inligting

1.    Voorsien asb `n foto (per e-pos) van u kind vroegtydig, vir hom/haar se Doopbybel asook vir die ‘Powerpoint’-aanbieding tydens die dooperediens.  Toestemming dat foto’s op beeldbord en sosiale platvorms geplaas mag word.

2.    Vul asb die vorm in voor of op die afsnydatum soos op die kerkkalender aangedui, sodat al u inligting op die

lidmaatstelsel geverifieer kan word.  Nuwe lidmate, handig minstens een maand voor die verlangde

doopdatum die doopvorm in.  U kan die vorm terug e-pos, of self by die Adminkantoor inhandig.

3.    Leraars hou `n verpligte, gesamentlike doopgesprek (1 uur) met al die ouerpare, gewoonlik twee Woensdae voor die

doop Sondag. 

4.    Doop word bedien op die eerste Sondag van elke maand soos in die kerkkalender vooraf beplan. Slegs in hoogs uitsonderlike gevalle waar direkte familie van oorsee is, kan die Kerkraad vooraf die saak op meriete hanteer.

5.    Neem kennis: volgens die POPI wet van 2013 (beskerming van persoonlike inligting); dat wanneer u hierdie dokument invul u NGPpark toestemming gee om u persoonlike inligting te hanteer en te prosseseer.

bottom of page