blog1
Rimpelkampe

Jesus Ons Lewe! (JOL)

Die JOLkamp is ‘n geestelike kamp vir minderbevoorregte kinders in spesifiek die Rustenburg omgewing aangebied sedert 2008. Alle laerskoolkinders uit Laerskool Rustenburg, Vastrap, Karlienpark, Dawid Brink, Proteapark, Noordskool en Oom Paul skool kan die kamp bywoon deur gratis daarvoor in te skryf – gewoonlik tydens die Oktober skoolvakansie.

Hierdie projek is 2013 ook uitgebrei na hoërskoolleerlinge om sodoende `n deurlopende band met die kinders te vorm, maar alle hoërskoolleerlinge mag inskryf. Die kamp vind dan plaas gedurende Maart of April. Die hoofdoel van die kamp is om aan die kinders wat op enige lewensterrein minderbevoorreg is, die geleentheid te gun om hulself saam met ander kinders te geniet en ook om hul geestelik te versterk.

Die organiseerders en diensspanlede bly deurentyd by die kinders betrokke deur die jaar (tussen opeenvolgende kampe) om hul sodoende te versorg op watter manier ook al nodig mag wees. Dit behels o.a medies- en tandheelkundige hulp aan kinders en families waar moontlik, aanvul van klere behoeftes, sielkundige hulp/sessies, skolastiese hulp, en beradingsessies en voedingskemas waar nodig. Dit is egter vanselfsprekend dat daar vanweë die aard van die kamp geweldig baie uitgawes betrokke is, aangesien die kinders die kamp gratis bywoon.

Dit is egter vanselfsprekend dat die kamp nie kan plaasvind sonder die nodige fondse/produkte nie. Daarom wil ons u nader om bydrae te lewer tot hierdie uitreik na die kinders van ons eie omgewing om op so ‘n manier hierdie kamp weer eens die sukses te help maak wat dit reeds sedert 2008 is.

blog1
blog1
blog1