TIENERBEDIENING

Kleingroepe

Ons gemeente funksioneer as liggaam van Christus.   Daarom is dit vir ons belangrik om elke tiener ook in te skakel in ‘n geloofsgemeenskap waar ons mekaar onderling versorg en dien met ons gawes. Daarby leer ons God en mekaar beter ken, deur Bybelstudie, saamgesels en gebed. Kleingroepe vind om 18:00 plaas en van daar stap die kleingroep sommer saam oor in die aanddiens in. Vir ons tieners is die kleingroepe en die aanddiens dus een aaneenlopende geleentheid.

Ons is altyd opsoek na gretige groepleiers wat kleingroep gesprekke kan fasiliteer.   Kontak gerus vir Ds. Willem Pretorius: 073 529 6075.

Tuisgeloof

Deur die jaar het ons toerustings geleenthede en deurnag/kamp aande. Hiermee wil ons nie net van ons jongmense dissipels maak nie, maar ook hul ouers toerus om die geloofspad saam met hulle te stap. Ons fokus op temas wat help om ons huishouding in God se sitkamer te omskep.

Jeugband

Dis vir ons heerlik om ons Here saam te kan aanbid. Ons aanddiens het ‘n informele karakter waar jongmense in hulle eie taal met die Here kan praat. As jy ‘n passie het vir musiek en kan sing of ‘n instrument kan speel kom sluit gerus by ons aan. Ons kort ook mense wat oulik is met die rekenaar wat Sondagaande kan help met die borde en videos. Dan het ons ook klank- manne of vroue nodig – ons lei jou mooi hiervoor op.

Kontak gerus vir Eduard Bosman by: 071 422 0270.

Uitreike

As Tienerbediening skakel ons graag in by ons gemeente se uitreik aksies. Daar onder val die Jolkamp en Karlienpark Jeugweek waar ons veral as groepleiers help. Die verskillende kleingroepe/belydenisgroep pak ook hulle eie uitreike aan. Vra jou kleingroepleier vir meer inligting.