PERSONEEL

Ds. Deon Strauss
(Leraar)

"Carpe Diem"

Ek is gebore op die 25ste Maart in Kroonstad, in die Vrystaat en my span is nou nog die Cheetahs.

Ek is met Gerda getroud in ’79; sy was al die jare my beste maatjie op skool.

Ons twee kinders Adre en Anèl is getroud en werk in Pretoria.

Ons bederf tans 3 kleinkinders Diandrè, Duan en Zanè.

Ek bedien net een gemeente nl. NGPP sedert November ‘84.

My liefde vir dromme speel kom van skooltyd af toe ek en my boetie by troues en funksies gespeel het vir sakgeld (nou doen ek dit verniet).

My pa was ‘n bou-kontrakteur en dit het gemaak dat ek argitek sou word; nou is ek ‘n dominee wat huisplanne teken (ek vermoed hier is heelwat lidmate wat in ‘n huis bly wat ek ontwerp het sonder dat hulle dit eers weet!)

Ek skilder ook so ‘n bietjie vir die lekker daarvan wanneer ek tyd oor het (in my kantoor hang een van my skeppings.)

Ek is baie lief vir die Griekse taal en Nuwe Testament en dis waar my hart in die bediening is = die verstaan van die Bybel

Ds. Willem Pretorius
(Leraar)

"I believe even in our most difficult and dark times in our lives. There will always be " Something", a moment taking you back to who you truly are as a Human being. " I believe that when we allow God in our hearts all the darkness and shackles you may have gets broken off, and the darkness turns into light. When you experience that "Something" you are free and that everything that has kept you back are gone forever.

Ek is gebore in Ladysmith in Kwazulu-Natal. Ek het groot geword in Pretoria en het by Affies gematrikuleer. My liefde vir musiek kom van my ma af, sy het haar B-mus graad en ook haar M graad gedoen in John Cage se voorbereide klavier. My pa is predikant by Ng Kameeldrift. Ek het twee boeties, een is ‘n ingenieur en die ander ‘n onderwyser.

Ek is lief vir sport en geniet veral fietsry en gym. Ek is getroud met Jessica en het ‘n dogtertjie, Miané. Jessica kom van die Kaap af, dit is juis daarom dat ek besluit het om vir die Stormers te ondersteun.

As gesin is ons baie lief vir die natuur en die buite lewe, ek hou van jag en lees graag.

Ek het in 2012 by Tukkies klaar gemaak met my studies. Ek is in 2013 beroep na NG Rustenburg Suid as mede- leraar met ‘n kontrakpos vir een jaar. Aan die einde van daardie jaar het ek ‘n beroep ontvang na NG Proteapark met opdrag missionale fokus. 

Om predikant te wees is nie beroep wat jy kies nie, maar dit kies jou. Ek glo dat my roeping en tot gevolg bediening, lê in die tradisionele kerk milleu, hier wil ek myself en ander help om kognitiewe en beliggaamde paradigma skuiwe te maak om iets van die Lewendige Almagtige Here God te weerkaats in ons allerdaagse. Ek leef my roeping uit in die verhoudings waarin en waarnatoe ek geroep is.

Marna van Tonder
(Finansiële koördineerder)

"Be the change you want to see in the world....."

Ek is gebore en getoë in die Vrystaat en matrikuleer 1998 by Welkom Gimnasium. Begin op 3 Januarie 2011 by NG Proteapark as Finansiële Koördineerder.  Behalwe vir my werk by die kerk hou ek ook daarvan om as vrywilliger deel uit te maak van groep wat funksies reël.  Ek is gelukkig getroud met Andre en het twee kinders, Estiaan en Milanka.  Ek is baie lief vir bak en brou.  Ek hou ook van lees en blokkiesraaisels invul in my vrye tyd. 

Nellie Holl
(Orrelis)

"Reis verby al die klippe op jou pad en eendag sal jy agterkom dat jy die berg oor gegaan het."

“………..leef ons nie almal om die Spreuke 31 vers 10 vrou vir ons gesin te wees….om op my rype ouderdom van 70 jaar terug te kyk op my lewe…..dank ek my Heer vir sy mildelike seёn… om Sondae voor hierdie wonderlike pyporrel te kan kom sit en saam met julle, ons gemeente in lofsange te begelei, bly vir my ‘n voorreg……”

Ongelukkig is ek ‘n perfeksionis en gelukkig is my man Kobus ook so.   Soos my wit en swart note op die orrel, is dit maar hoe ek my lewe bespeel….. ‘n ding is reg of verkeerd….om die Woord te lees en daarvolgens te probeer leef is al wat ek ken.

Ek en Kobus het vir jare ons eie besigheid bedryf waarvan ek die administratiewe deel  hanteer het.

Dan was daar ook die wildsplaas en as gevolg hiervan het ons goeie vriendskappe gesmee deur die jare, ook met oorsese jagters.

Seker omdat  musiek my lewe is, hoor ek die melodieё of ek nou in die tuin werk, naaldwerk doen, skilder of viool speel.  Ek is ook geseёn met my eie orkes.  My sagte” harp-dogter” Natasha, unieke instrument….maar liefde waarmee sy haar gesin toevou, speel sy die snare met ontsag.  My standvastige seun Ivan, steunpilaar, ondersteuner, vredemaker is my veelsydige” tromme”. Vreugdevol en uitbundig my twee” trompette kleinseuns” Geneil en Noah en rondom hulle dans ‘n “fyn-fluit” my kleindogter Lia, broos en skatlik sorg sy vir kosbare klanke.  My man, die “ramshoring”….moet hom nie onderskat nie……hy het al ‘n lang pad saam met my geloop…….!  Ek en Kobus is verder geseёnd met twee spesiale aangetroude kinders, Anton en Gillian.

Met vreugde dirigeer ek my orkes.

Christel Herbst
(Bemarkingsbeampte)

Wees in alles dankbaar!!

My passie is mense, kunste en nuwe uitdagings.

Eduard Bosman
(Musiek koördineerder)

“Be inspired by your desire to learn, instead of being intimidated by what you don’t know.”
Musically it reads: “Be inspired by the wonders of music, instead of being intimidated by its complexity.”

Ek is ‘n musikant wat na BMus studies op sang, komposisie, orkestrasie en verwerking van musiek fokus. Met ervaring in musiekteater, koorleiding en klankopnames vat die Here my deur kleurvolle lewensseisoene waarop ek my talente op diverse wyses uitleef, en nou kom mede-aanbiddingsleier ook op my kerfstok. Die oneindigende moontlikhede in musiek fasineer my en die volmaakte struktuur van musiek is vir my net nog ‘n toonbeeld van God se volmaaktheid. Ek hoop dat my musikale bydraes dit reflekteer.

Eveleen Engelbrecht
(Saakgelastigde)

"If you stop and look around you will notice that life is pretty amazing."

Ek is in Randfontein gebore en het gedurende my kinderjare hoofsaaklik in Carletonville en Oos-Driefontein opgegroei. Ek is getroud met Gideon, ons het drie dogters; Ingé, Karin en Liesel met ‘n , lewenslustige kleinseun Connor (5).  Ek het “Klein kind opvoeding” (ECD), pedagogie en onlangs, andragogie kwalifikasies verwerf.  Ek hou my besig met naaldwerk en verkies stryk bo kosmaak. Nou werk ek vir Liewe Jesus in Sy Huis.

Johan Burger
(Fasiliteitsbestuurder)

Hendrik Smal
(Teologie Student)

Ek is gebore en het opgegroei in Boksburg.  In 2011 matikuleer ek aan die Hoërskool Elspark en in 2012 doen ek  ‘n diensjaar vir Christus saam met die groep 13th Floor (ook bekend as C-kruis). Met uitvoerende kunste en musiek het ek die geleentheid gehad om saam met die groep die goeie nuus van Jesus aan skoolkinders te verkondig.  In 2013 begin ek Teologie studeer aan die Universiteit van Pretoria en huidiglik doen ek my praktiese jaar by NG Protea Park.

 Ek het ‘n passie vir mense en die pad wat hulle stap saam met die Here.  Uit my geloof kom ook my passie en die klem lê vir my op die woord “saam” omdat ek nie dink dat enigiemand die geloofpad alleen moet stap nie.  Dit is dan ook die rede dat ek gekies het om in die bediening te wees.