Nuwe Lidmate

Nuwe lidmate en kerkgangers kan voor en na die oggenddienste by die I-bank in  die voorportaal van die kerk aanmeld en hul besonderhede verskaf. ‘n “Aansoek om Lidmaatskap” kan by die geleentheid voltooi word of van dié web (sien onder) verkry word. Vul die vorm in en handig by die kerkkantoor in of faks/e-pos dit na die kerkkantoor.

Die kantoor sal toesien dat hul “Bewys van Lidmaatskap” aangevra word van vorige gemeentes af.
Indien u nie ‘n “Bewys van Lidmaatskap” het nie, is u steeds welkom.

Vul steeds die vorm in sodat ons al u besonderhede beskikbaar het vir kennisgewings en andere.

Lidmaat Vorm

Laai die vorm af, en vul dit in. U kan dit epos/faks of inhandig by I-bank of Adminkantoor.