Liggies vir Lewe

Liggies vir Lewe Fees 2019

Hierdie is ‘n nuwe projek wat ons in 2015 begin het en hoop ons dat dit nog baie sal groei. Ons wil die gemeenskap oor die feestyd laat kom kyk na die geboorte van Jesus en die betekenis van Sy sterwe wat uitgebeeld word in liggies. Ons gebruik dan ook die geleentheid om aan minder gegoedes/bejaardes in ons gemeenskap ‘n besondere Kersdag-ervaring te gee. Kom laat jou liggie skyn op die besonderse wyse.