Koskas

Ons gee maandeliks vir tussen 15-20 huisgesinne. Ons maak meestal staat op bydraes vanuit ons gemeente, maar ons hulp is nie beperk tot net ons gemeente nie. Ons help in die hele Rustenburg as daar ‘n aanmelding sou kom. Ons gebruik CMR om ‘n gesin te evalueer en ontvang ‘n aanbeveling van hulle.  Gewoonlik word ‘n gesin vir 3 maande op die koskas geplaas,  waarna hulle weer geevalueer word.  Daar is ook sake wat adhoc hanteer word bv: behuising, medies en eenmalige hulp.

Ons koskasprojek is ook uniek aangesien elke gesin self kruideniers gaan koop en so ook hul menswaardigheid behou.