KINDERBEDIENING

Slide1 Slide2

1. Kleuterbediening: kleuters

Prettige aktiwiteite word gebruik om geestelike begrippe te gaan uitdelf en dan soos klaargeslypte diamante sommer met klei en kryte in vuil kinderhandjies neergesit: sigbaar, voelbaar, skitterend.

Die lesmateriaal is vol waarheid en werklikheid.

 2. Kinderbediening: Gr 1-6:

2.1 Eredienste:

Eiesoortige en Familie eredienste word vir die verskillende groepe gehou. Gr 1-3; Gr 4&5; Gr 6

2.2 Kleingroepe:

Interaktiewe leermetodes word gebruik om tradisionele lesse te gee. Of die kind n stilsit-luisterkind, n saamsing-pratertjie, n selflees-en-skrywertjie, of n opwipsaamdoenertjie is – elke kind word betrek.

Die werkboekies wat die kinders gebruik word so saamgestel dat die dinkwerk en kreatiewe moeite klaar gedoen is. Kinders word aangemoedig om teksverse op te soek en hul tuiswerkies te voltooi.

Ons gebed is dat ouers wonderwerke in kinderharte sien gebeur en dat grasgroen, welige geestelike groei hieruit sal kom.

Die materiaal pas dan ook elke groepleier – n maltrap-kinderkerk-groepleier, die spoeg-en-plak kunstenaar groepleier, die saamsing-groepleier, die saamdoen groepleier.

2.3 Kinderjolle, oornaggeleenthede en uitstappies

Een keer per kwartaal word n heerlike pret dag/aand vir die kinders gehou. Dit sluit o.a. in n Erediens en skattejag op n wildsplaas, n Trollieresies en speletjies soos “Minute to Win it”

2. 4 Kunstenaars

Familiedienste met kunstenaars soos Sonja Herald, Lente en Karoolus of Woema en Wolla word deur elke lid van die gesin geniet!

2.5 Uitreike

  1. Die Graad 6 kinders kuier graag by Rusoord Tehuis vir Bejaardes.
  2. Die hele Kinderkerk was betrokke by Tapologo Tehuise vir vigs wesies. Hul samel graag skryfbehoeftes en toiletware vir die kinders in.
  3. N Groentetuin het ontstaan waar die kinders groente aanplant vir die Gemeente se koskas

2.6 Groepleiers:

Die Kleuter- en Kinderbedieninge is afhanklik van vrywillige kleingroepleiers. Opleiding en beplanning gebeur op n weeklikse basis. Wanneer die Here dit op jou hart druk om by die kinders van ons Gemeente betrokke te raak, kontak vir Riekie 082 8248329.