GEMEENTE KAMPE

Ons gemeente bied ook Kampe aan waar jy en jou vriende ‘n bietjie avontuurlustig kan raak en gaan kamp.

Ons het verskeie soorte kampterreine waarby ons gaan kamp:

Die Moderne Kamp wat elektrisiteit en lopende water by kampplek het.

Die semi-moderne kamp wat net water by kampplek het. 

Dan is daar die boskamp waar daar geen water of elektrisiteit by kampplek is nie.

Verder probeer ons om te kamp op plekke waar daar Chalets ook is en dit gebeur gewoonlik by die Moderne Kampplekke.

As jy belangstel in die bediening kan jy gerus vir Hennie de Kock skakel vir meer inligting: 083 417 4460