Beplan n besoek

Om mekaar te leer ken:

Ons weet om iemand vir die eerste keer te ontmoet kan intimiderend wees, en om na ‘n nuwe kerk vir die eerste keer te gaan kan u heeltemal op u senuwees plaas. 

Hier by NG Proteapark wil ons u help om u ondervinding ‘n goeie een te maak. 

Eredienstye:

 

Oggenddiens in Ouditorium – 09:00

Kleuter – en Kinderbediening in Teatro – 09:00

Aanddiens – 18:00 ( Meer op die jeug gefokus) 

Jeugbediening vind direk na aanddiens plaas.

 

Waar is ons geleë?

Wat kan ek verwag?

Hoe lank is die eredienste?

In totaal is die eredienste 60 min lank. Die diens begin met ons nuutste afkondigings, waarna ons dan beweeg na orrelliedere saam met die voorsangers. Orkesliedere volg na die orrelliedere en woorde van elke lied word op die projektor borde vertoon. 

Daarna sal een van ons leraars die woord van God met ons deel en ons bemoedig. 

Die diens word afgesluit met ‘n slotlied en seëngroet. 

Wat is die kultuur gevoel by NG Proteapark?

Sondae by NG Proteapark is ‘n ontspanne, gemaklike atmosfeer, waar jy voor of na die erediens ‘n heerlike koppie koffie of iets soets by Cafe Communio te ete of drinke kan kry. 

Wat van my kinders?

NG Proteapark beskik oor ‘n moederskamer, sowel as ‘n babakamer.

Ons glo dat die kinders elke week iets moet leer en daarmee tesame hulself moet geniet! 

Die kleuters vanaf 3-5 jaar gaan voor erediens na hul eie klas, waar die kinders vanaf Graad R tot Graad 7 na die Teatro toe gaan vir erediens. Direk na hulle erediens, gaan elke kind na hul klas.  

Hoërskool leerders gaan na die aanddiens, en direk daarna vind hul jeugbediening plaas. 

Die Belydenisaflegging groep vind ook na aanddiens plaas.

Laat weet ons as u die kerk wil besoek:

Is jy reg om ons gemeente in persoon te besoek? Stel ons hier onder in kennis, sodat ons vir jou die eerstehandse toer kan gee van ons gemeente!

Nuwe Besoeker

Vul in boodskap blokkie watter erediens jy beplan om bytewoon.